letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de my land is jou land - tabitha

Loading...

ek is n vreemde hier
ek het my land gelos
ek het jou pad gekruis
ek het jou spoor gevolg

jy het gesê gaan terug
moe nie op my vertrou
maar jy’s ‘n deel van my
wat doen ek sonder jou

en ek weet die toekoms is onseker
en die donker is digby
en ek weet ons wag ‘n lange reis
reg deur die woestyn

reg deur die woestyn

maar jou land is my land
jou volk is my volk
jou taal is my taal
en jou god is my god
jou droom is my droom
jou pad is my pad
jou toekoms my toekoms
en jou hart is my hart
ek weet jou volk is bang
voor ons wat anders is
maar ek sal brugge bou
daar waar die afgrond is

en ek sal tеrugverlang
daar waar die wind sal waai
wat uit die suidе kom
van my geboorte grond

en ek sal sterk wees
en ek sal oorleef
want ek wil naas jou staan
al sal dit moeilyk wees

al sal dit moeilyk wees

jou land is my land
jou volk is my volk
jou taal is my taal
en jou god is my god
jou droom is my droom
jou pad is my pad
jou toekoms my toekoms
en jou hart is my hart
en jou deel, jou deel is my deel
jou brood is my brood
jou lewe is my lewe
jou dood is my dood
en wanneer die donker kom
en jou mense my ontwyk
sal ek my liefde gee
totdat die haat verdwyn

totdat die haat verdwyn

want jou huis is my huis
jou angs is my angs
jou stilte my stilte
en jou land is my land

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...