letra de stukkend - spoegwolf
dit reën in bethlehem
ek was lanklaas by die huis
jy stuur foto’s wat die amandelbome wys
hoe raas jou oë soos die skemer se see
jou klere wolk weg voor die maan
ek het verdwaal, en ja, dis seer
maar baie is al erger deur
jou stem is soet
ek hoor dit wel
maar ek het oud geword en
my kop is seer
jou woorde drom
ek is vêr van als
ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
jy d-nk ek’s stukkend? jy’t geen idee nie
kyk hoe trеk ons teëstand oor die heuwеl saam
kyk hoe hulle hardloop
ek het jou in my donker leer ken
jy was die glinstering van goud
ek het geskarrel soos ‘n eekhoring deur jou woud
môre is ek weer op die pad
ek dra jou oral met my mee
soms as ‘n droom
soms as ‘n wolkbreek-miltsteek
jou stem is soet
ek hoor dit wel
maar ek het oud geword en
my kop is seer
jou woorde drom
ek is vêr van als
ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
jy d-nk ek’s stukkend? jy’t geen idee nie
kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
kyk hoe hulle hardloop
as ek opstaan
ja, jy
staan los
van die skare
trek my nader
(ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
jy d-nk ek’s stukkend? jy’t geen idee nie)
kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
kyk hoe hulle hardloop
as ek opstaan
letras aleatórias
- gucci mane › letra de gunnin' - gucci mane
- logic peoples army › letra de inspiration - logic (people's army)
- jak tripper › letra de black mass belial - jak tripper
- brian kafunya › letra de believe in me - brian kafunya
- poul krebs › letra de sådan nogen som os - poul krebs
- faroeste › letra de incessante - faroeste
- statik selektah › letra de slum villain - statik selektah
- evan dmmix › letra de they in my way - evan dmmix
- roy purdy › letra de cash me outside (rap remix) - roy purdy
- capo plaza › letra de allenamento #1 - capo plaza