letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de ek is lief vir jou - patricia lewis

Loading...

skemer ja dis weer skemer
maar ek hoor jou stem en weet wat ek wil hê
hoor jy ag sê my hoor jy
hoe ek na jou roep ag hoe kan ek dit dan in woorde sê
seerkry jy’s bang vir seerkry
want jy’t soveel keer ‘n laaste keer probeer
kyk, kyk na my
dis ek wat steeds omgee en by jou wil bly

ek is lief vir jou en dit moet jy verstaan
hoe sal ek sonder jou ooit deur die lewe gaan
jy staan by die deur jy sê dit is verby
ek is lief vir jou en sal vir altyd bly

donker die nanag se donker
daar’s ‘n sekelmaan wat oor die berge hang
stilte die nag bring net stilte
telefoon wat lui ek hoor jou stem en wonder waar jy gaan
glo my, my liefste glo my
dis ‘n kronkel pad wat jou na nerens lei
praat, praat met my
vergeet nou van gister want dis lankal verby

ek is lief vir jou en dit moet jy verstaan
hoe sal ek sonder jou ooit deur die lewe gaan
jy staan by die deur jy sê dit is verby
ek is lief vir jou en sal vir altyd bly

ek is lief vir jou en sal vir altyd bly

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...