letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de middelklas middelman - kontras

Loading...

skep my eie droomland, ‘n wonderwerk wêreld
wek my eie energie op, maar kom nooit nêrens
voorgee vergifinis vernietig my siel
ek moet twee keer kyk om myself in die spieël te sien

my mure hoog gebou, oorlewingsmeganisme melodie
vreemde verandering, breek nie bande nie
somer sonder sondes lanklaas gesien
jou groenhuisgasse verlaat nie my atmosfeer nie

middelklas middelman
my middelvinger vasgevang
middelklas middelman
my middeljare misbeplan

kaalvoet kunsprojek, nou net normaal
skakel in die sterrestelsel, noemingswaardig neutraal
teveel terugslae trotseer sonder rede
ek moet ophou vasklou aan ‘n gebroke verlede

werk ek vir ‘n lewe, of lewe ek vir ‘n werk?
die dae is genommer, vervaldatums beperk
die drome dreun soos n brander
ek sukkel steeds om te verander

middelklas middelman
my middelvinger vasgevang
middelklas middelman
my middeljare misbeplan

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...