letra de liefde uit die oudedoos - karen zoid & neil sandilands
[strofe 1: karen zoid]
ek wil lewe in jou skaduwee, ek wil jou blik oor alles voel
elke oggend as die son opkom, oor my bed en kas en stoel
ek wil weet net wie en wat jy is, ek wil jou fyn maal op die wal
ek wil jou rook soos goeie kruie uit die diepste, diepste dal
ek wil jou dophou as jy luister na die woorde van matrose
ek wil saamgaan op jou strooptog, ek wil deel in jou psigose
[koortjie]
kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos
kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oude doos
liefde uit die oude doos, liefde uit die oude, oude doos
[strofe 2: neil sandilands & karen zoid]
dis ’n bitterbessie dagbreek, dis ’n uitroep kommapunt
mabalel is huis toe want sy mis haar eie kind
ek wens ek kon jou teken met ’n koukie of ’n kwas
ek wens ek kon onthou hoekom ek so bewerig was
ek wens ek kon jou opskryf met my balpuntpen behaag
ek wens ons kon saam wakker word in ’n youth hostel in praag
[koortjie]
god is edel, god is boos, god is nogtans skadeloos
kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oude doos
liefde uit die oude doos, liefde uit die oude, oude doos
liefde uit die oude doos, liefde uit die oude, oude doos
[strofe 3: karen zoid & neil sandilands]
ek wil jou rondwys in my hart, elke vloer en elke plafon
ek sien jou bibber in die koue, maar daar’s nog son op die balkon
[koortjie]
kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos
kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oude doos
liefde uit die oude doos, liefde uit die oude, oude doos
liefde uit die oude doos, liefde uit die oude, oude doos
letras aleatórias
- king size ft sktee › letra de real niggaz - king size ft sktee
- sublime › letra de what happened/eye of fatima - sublime
- nocap › letra de eyes closed - nocap
- hatemost › letra de cypher - hatemost
- johnny marr › letra de dynamo - johnny marr
- tyler gary › letra de no computer - tyler gary
- nafla › letra de rain - nafla
- jazz robinson › letra de irrelevant (feat jeff gore) - jazz robinson
- empire cast › letra de loving you is easy - empire cast
- spitty › letra de backseat freestyle - spitty