letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de ideale hang - kadawer dialoog

Loading...

die ideale hang

geamputeer van die nek af boontoe
pikswart sisteme geblameer, om die oordeel aan te pak
ek voel die vrees van ‘n jong man geklee in wit
dit sweef deur my

elke keer verstuk die mens aan woorde van vernietiging
jy gly deur die oordeel, amputeer die senuwees
elke keer as jy jou sien – kyk dieper in die oomblik
of jy bal jou vuiste tot op die laaste

seer
so iemand bly nog in beheer
staan nou op

daar gelaat, laat dit oor begin
ek sien hoe die siekte deur die donker sluip
met ‘n gedreun op die sielsiekes af
hoor jy, mooi die ondertoon?

hoop is net ‘n tydbom wat wag om te ontplof die seerkry te onthoof
verwag ek nou weer net veel?

sonder oordeel geskend maak dit sin
terwyl ons slaap en voor ons opvrot

breek deur die mure van opressie
laat gly die idee van perfeksie
breek deur die mure van oppessie
laat gly die leun van perfeksie

staan op, breek deur elke oomblik deur
staan op , breek deur elke oomblik deur

breek deur die leun van perfeksie
versuip elke keer in die oorvloed van jou
breek deur die leun van perfeksie
versuip elke keer in die oorvloed van my

sonder oordeel geskend
maak dit sin
terwyl ons slaap en
voor ons opvrot

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...