letra de halala afrika - johannes kerkorrel
toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
en in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
klink die roepstem van die vrouwe oor die heuvels van die land:
halala, ewig is ons afrika.
tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, hmmm-hmmm
toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
om te vra vir kos en water en te bly vir so veel meer.
en die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
vir die ghetto’s van die stede is ons koperdraad gegee.
halala, ewig is ons afrika
halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye afrika
tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, hmmm-hmmm
daar was rykdom in die maag van ons moeder afrika
diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
en die mense word die slawe hier want die mense word betaal
om te tonnel in die aarde elke greintjie uit te haal
en die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
en van die olifant tot die gemsbok al die diere moes kom buig
voor die mag van die grootwildjagter voor die mag van sy groot geweer
totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers.
halala, ewig is ons afrika.
halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye afrika
sasidj-polutjoloythina
halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye afrika
letras aleatórias
- soy un caballo › letra de la chambre - soy un caballo
- nachodowntempo › letra de i got the music - nachodowntempo
- ciclonautas › letra de el dromedario - ciclonautas
- zoe muth › letra de make me change my mind - zoe muth
- lando chill › letra de fauna - lando chill
- замай zamay › letra de эвридей киселёв (everyday kiselev) - замай (zamay)
- dellafuente › letra de speakin chichos - dellafuente
- king issa › letra de the sound of yesterday - king issa
- terrapine › letra de sunday - terrapine
- buzzov•en › letra de don't bring me down - buzzov•en