letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de volg die son - jo black

Loading...

alles werk nie altyd
soos wat jy wil hê dit moet
somtyds kry jy bitter
al het jy gevra vir soet

die wêreld kan alleen raak
en jy voel partykeer klein
maar met tyd kan als verander
en word dit soet soos somerwyn

lank genoeg het ons terug gestaan
die lewe by ons verby laat gaan
laat sy lig ons harte weer kom lei uit die donker
ons volg die son
soms is ‘n belofte
net die hoop wat jy nog kort
om te sien wat in jou wegkruip
om te wees wat jy moet word

jy kan vaskyk in die onrus
en in die baklеiery
maar as jy diep in jouself kyk
sal jy weer jou vrеde kry

lank genoeg het ons terug gestaan
die lewe by ons verby laat gaan
laat sy lig ons harte weer kom lei uit die donker
ons volg die son

en ons weet, die wind sal draai
en tot alles bedaar weet jy is nie alleen
as die storms om jou waai
en jy weet, die son sal jou ware noord weer wys
daars lig op die horison

lank genoeg het ons terug gestaan
die lewe by ons verby laat gaan
laat sy lig ons harte weer kom lei uit die donker
waar ons liefde saai
breek die hemele oop
steek jou hand weer uit
kry jou krag van bo
laat jou vire brand
wees ‘n bron van hoop in die donker
ons volg die son

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...