letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de veilig - jack parow

Loading...

[verse 1]
ek is al vir dae lank verlore in ‘n wilde wildernis
ek is by ‘n landsdienskamp vasgevang in die hindernis
die voete van die verlede hardloop kort op my hakskene
en die boelies van my skooldae lag vir my bakbene
d-nk oor my dade onder die arms van ‘n maroelaboom
sit en skrop-skrop verniet en maak my skoene skoon
hoekom wil jy wegstap van die bakleiery teen angs
as die see nog propvol is en jy visse steeds kan vang?
kos loop my bord oor en lê op die tafeldoek en vrot
en die liggies van die stede trek my soos kerse vir ‘n mot
die taalkundiges bespreek, bespiegel steeds my woord
maar ek sal baklei, tong en vuiste vir dit waarin ek glo
ek sal antwoord op jou roepstem ek sal offer wat jy vra
ek sal oorkom na jou voorstoep en jou groceries indra
in jou wil en werk en wandel van jou wieg tot in jou graf
as jy bibber in jou bed wanneer die honde buite blaf
in die songloed van hou somer, in jou winternag se kou
sal ek kom lê onder jou kombersie, en jou styf vas kom hou
by die klink van huw’liksklokkies, by die kluit-klap op die kis
streel my stem jou nooit verniet nie, by my sal jy kan rus

[chorus]
jy’s nooit aleen nie
by my sal kry jy nooit weer seer nie
jy’s veilig, so baby bly vir altyd myne

[verse 2]
ek’s klaar gevlug van my probleme in die glas se rand
ek het klaar al my slange in die gras verbrand
ek’s klaar gesoek na wat geld blykbaar sal bring
ek is klaar aan die einde van ‘n nuwe begin
mis meer mense as wat ek al ooit kon geken het
al baie meer verloor as wat ek al ooit gewen het
die trane van die verlede het in ‘n dam verdwyn
daar het te veel duiwels onder in my glas verskyn
op soek na die roet het ek myself verloor
op soek na lig het ek myself versmoor
afgelok van die pad deur ‘n heks se kind
gewys na my graf deur ‘n lexington
die swart van die nag in my hart gebring
die vers vir die dood in my hart gesing
gestaan in die lig en die donker gemis
klaar al my spoke in die stad laat rus
stof op my skoene van te veel verdwaal
klaar al my dues aan die duiwel betaal
maar jy’t gekom en my gelei en my weg gevat
so nou’s ek terug in die lig en op die regte pad

[chorus] (last measure sung by jack)

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...