letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de romantikus - glaskas

Loading...

vaag weg raak die wêreld weg
en my gedagtes voer my weg
na ‘n ander plek
‘n plek so erg
my bedoelinge is so opreg

alles is so relatief
ek wonder of enige iemand die wêreld
soos ek kan sien
ek wonder of ek reg kan sien
want deesdae voel alles so relatief
ek ken nie die definisie van werklikheid nie

ek voel soms so leeg sonder jou
ek voel altyd so leeg sonder jou
laat my na jou soet stem luister
terwyl jou trane in my hart fluister
soen my nek, soen my net
sodat ek wakker kan bly
glimlag, glimlag vir my, o glimlag!

ander wêrelde verskietende pêrels
my emosies laat my so bedwelmd
as ek tog maar net geweet het
dat dit wat so mooi is, so seer is
revolusie, romantiek, ruk en rol
laat my drink aan die verl-stigende
geure van my lewe
laat my nie moed opgee nie
want als is mooi
al is als seer

ek voel soms so leeg sonder jou
ek voel altyd so leeg sonder jou
laat my na jou soet stem luister
terwyl jou trane in my hart fluister
soen my nek, soen my net
sodat ek wakker kan bly
glimlag, glimlag vir my, o glimlag!

ek voel soms so leeg sonder jou
ek voel altyd so leeg sonder jou
laat my na jou soet stem luister
terwyl jy trane in my hart fluister
soen my nek, soen my nou
glimlag en weet ek is so lief vir jou!

ek voel soms so leeg sonder jou
ek voel altyd so leeg sonder jou
laat my na jou soet stem luister
terwyl jy trane in my hart fluister
soen my nek, soen my net
sodat ek wakker kan bly
glimlag, glimlag vir my o glimlag!

glimlag, glimlag, glimlag, glimlag!

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...