letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de kyk dwarsdeur my - franja du plessis

Loading...

dit het lank gevat
voor jy kon weet
ons loop ‘n pad
van somtyds sweet
deur al die swaarkry het ons geleer
hoe om mekaar te hanteer

jy kon nooit sê
jy ken my te goed
maar ek wil jou hê
jy’s die vuur wat in my woed
ons het nogsteeds ‘n pad om te loop
vol van liefde en hoop

maar ek wil sê wat jy al lankal wil hoor
dis jy wat my hart bekoor

jy kyk dwarsdeur my
waar ek in jou arms staan
jy sien die seerkry
al wil ek dit nie wys sal jy tog weet
dis iets wat aan my vreet
en jy is altyd daar
as ek sukkel om te praat
maak jy my sinne klaar
jy ken my soos ‘n boek wat jy al lankal lees
jy weet van al die vrees
want jy’s my steunpilaar

al bly ek stil
laat jy my praat
jy kan my vul
met liefde en geen kwaad
want dit is iets wat alles kan oorwin
dan maak alles tog weer sin

ek leer elke dag
iets nuuts van jou
ek sal kan wag
tot jy eendag met my trou
want ons is bereid om die heeltyd te werk
dit maak ons net weer sterk

maar ek wil sê wat jy al lankal wil hoor
dis jy wat my hart bekoor

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...