letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de weg van die ligte - dewald wasserfall

Loading...

ek voel partykeer die wêreld moet ophou draai
want ek wil af
voel jy ook soms dis te vinnig te veel?
(te vinnig te veel?)

en as ek moet eerlik wees
ek kon nog nooit verstaan
dié gejaag na wind

en ek wens partykeer
ek kon dit als weer begin
deur die oë van ’n kind
so gee my ’n plek vêr, weg van die ligte
en hou my net weg van al die gesigte
wat staar vir my
en maak of hulle weet wie ek is
weg van die ligte

hou my net vas voor jy gaan en verstaan
dit is al, wat ek wil hê
en dalk net ’n plek by die see met ’n bosveldvuur

die realitieit is die tyd is te min om te wil
staan en baklei
en ek’s hier gebore
maar voel soms verlore
tog tuis, waar ek my paspoort wys

so gee my ’n plek vêr, weg van die ligte
en hou my net weg van, al die gesigte
wat staar vir my
en maak of hulle weet wie ek is
weg van die ligte

en laat my nooit vergeet waar ek vandaan kom nie
hou my net naby die aarde dat ek jou kan sien
skyn deur al my donker, so asof ek dit verdien
jy’s al wat my die lig laat sien
so gee my ’n plek vêr, weg van die ligte
en hou my net weg van al die gesigte
wat staar vir my
en maak of hulle weet wie ek is
weg van die ligte

so gee my ’n plek waar ek weer kan mens raak
iewers waar ek voel alles weer sin maak
en spaar vir my
dat ek net kan onthou wie ek is
weg van die ligte
(weg van die ligte, weg van die ligte, weg van die ligte)
weg van die ligte
(weg van die ligte, weg van die ligte, weg van die ligte)
weg van die ligte

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...