letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de bicycle sonder 'n slot - deon meiring

Loading...

karin, onthou jy ons kuiers met koeldrank
alleen in die kaya van jeugtyd se groen
onthou jy die dae van skoolbank en kersbrand
die nagte met honde
en goed om te doen

ek bring vir jou blomme
ek gee jou genot
ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot
ek weet dit is laat
en jou ma-hulle slaap
maar ek moes net vir jou sê
ek het jou lief soos die kaap
ek het jou lief soos die kaap
saam het ons bulte geklim in die somer
en fietsgery al op die soom van ‘n droom
wat is jy as jy groot is
is die lewe net stroomop?
al ons vrae het gewapper
soos vlieërs aan ‘n boom

ek bring vir jou blomme
ek gee jou genot
ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot
ek weet dit is laat
en jou ma-hulle slaap
maar ek moes net vir jou sê
ek het jou lief soos die kaap
ek het jou lief soos die kaap

karin, verstaan jy
dat jare soos wyn
kan oud word in kanne
vol vriendskap en son
weet jy dit dat net kinders
liewe jesus kan liefhê?
maar dat kinders
die wêreld al meer gaan verstom

ek bring vir jou blomme
ek gee jou genot
ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot
ek weet dit is laat
en jou ma-hulle slaap
maar ek moes net vir jou sê
ek het jou lief soos die kaap
ek het jou lief soos die kaap

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...