letras.top
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

letra de volstruis foxtrot - david kramer

Loading...

gistraand toe ek ga’ slaap, toe kry ek ‘n hongerlus
toe eet ek ‘n stukkie droë wors, en ‘n bord vol ingelegde vis
en ‘n twee blikkies bier, appelkose en beskuit
toe ga’ lê ek wee’ en drome droom, so uit die bose uit
ek droom da’ speel ‘n hopetown plaat, op die stoof uit my kombuis
en ek dans in my pajamas, met ‘n pragtige volstruis

ons dans die foxtrot, ons dans die cha-cha-cha
met die bossa nova, dan raak ons deurme’ka’
en met die walsie ga’ dit beter, ma’ sy trap nog op my veters
met die tiekie-draai het ons la’t waai, dit sal ek jou verseker

sy sê sy’s met vakansie, sy’s dol oor dans en fliek
en op oudshoorn het sy ‘n haarsalon, met die naam “bootý boetiek”
en al wil ek nie da’ kom kuier nie, dan ontmoet ek die hele gesin
en die beste orkes in die hele suid-wes, speel op die holiday inn

ons dans die foxtrot, ons dans die cha-cha-cha
met die bossa nova, dan raak ons deurme’ka’
en met die walsie ga’ dit beter, ma’ sy trap nog op my veters
met die tiekie-draai het ons la’t waai, dit sal ek jou verseker

en ek vat ha’ om ha’ nekkie
‘n nek is nes ‘n nekkie
sy sê “moenie-moenie”, ek soen ha’ op ha’ bekkie
ek vat ha’ aan ha’ vlerkie, dit wil nie werk nie
sy gee vir my ‘n skop, wil jy vry ou pop, hey!

toe dans ons op die tafel
ja, die party word nog rowwer
ma’ vanoggend toe ek wakker skrik
dans ek met ‘n verestoffer

ons dans die foxtrot, ons dans die cha-cha-cha
met die bossa nova, dan raak ons deurme’ka’
en met die walsie ga’ dit beter, ma’ sy trap nog op my veters
met die tiekie-draai het ons la’t waai, dit sal ek jou verseker

ons dans die foxtrot, ons dans die cha-cha-cha
met die bossa nova, dan raak ons deurme’ka’
en met die walsie ga’ dit beter, ma’ sy trap nog op my veters
met die tiekie-draai het ons la’t waai, dit sal ek jou verseker …

letras aleatórias

MAIS ACESSADOS

Loading...