
letra de wat van liefde? - juanita du plessis
[vers 1]
so baie keer wonder ek hoekom ek nog hier moet wees
die wêreld lê stukkend en ek weet nie hoe dit ooit kan genees
maar ek weet in al die seer kan jy maklik jou fokus verloor
in die stilte van jou hart sal jy altyd die antwoorde hoor
[koor]
eks hier vir ‘n rede eks hier om te bly
tot hy my kom haal
sal ek aanhou baklie vir vrede
en liefde wat nooit mag verdwyn
as almal net stil bly en niemand wil praat
sal woede bly groei en harte bly hard
sê my wat het van liefde geword
[vers 2]
verstom kyk ek rond want ek sien die duiwel is los
dis elkeen vir homself en dit maak ook nie saak wat dit kos
maar ek weet daar waar lig is sal die duisternis nooit kan bestaan
en lig is om lief te hê dis hoekom ek hier bly staan
[koor]
eks hier vir ‘n rede eks hier om te bly
tot hy my kom haal
sal ek aanhou baklie vir vrede
en liefde wat nooit mag verdwyn
as almal net stil bly en niemand wil praat
sal woede bly groei en harte bly hard
sê my wat het van liefde geword
eks hier vir ‘n rede eks hier om te bly
tot hy my kom haal
sal ek aanhou baklie vir vrede
en liefde wat nooit mag verdwyn
as almal net stil bly en niemand wil praat
sal woede bly groei en harte bly hard
sê my wat het van liefde geword
[outro]
so baie keer wonder ek hoekom ek nog hier moet wees
letras aleatórias
- letra de smutnerapery - peem x kacpero
- letra de hamburg 2009 - samy deluxe
- letra de the position - mac shawn
- letra de der nette alte mann - kontra k
- letra de liefde voor de schemeruren - lenny kühr
- letra de nite flights (moodswings back to basics remix) - david bowie
- letra de άλλη μια βραδιά (alli mia vradia) - peggy zina
- letra de noiseofrain - sawanohiroyuki[nzk]
- letra de money jane (remix) - kardinal offishall
- letra de #wave - smoller