letra de tussen woorde - juanita du plessis
tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
en ek weet ek is niks sonder jou
hier lê die drome, hier lê die woorde
hier lê die strale van die son waarin ek is
soveel liefde om te gee, soos die branders van die see
wat van al my drome wis
hier lê die spore, hier lê die name
hier lê die harte wat my woorde verder dra
en my hart wil dankie sê, dat ek hierdie droom kan hê
soveel meer as wat ek vra
tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
en ek weet ek is niks sonder jou
wat saam my drome bou, en wie my vashou
in jou oë is die rede dat ek sing in die duister
as jy lag, en ek hoor hoe al die engele fluister
wat my hart vir jou wil sê
het in die stiltes tussen woorde gaan lê
hier lê die ligte, hier lê die sterre
hier lê die ritme wat my verder lei
wat ek hoor en wat ek sien, hoe kan ek dit ooit verdien
hierdie wonderwerk vir my
hier lê die saam wees, hier lê die liedjies
hier lê die hande wat my hart se snare raak
en my siel wil sing vir jou, my hart wil jou omvou
jy’t my lewe laat ontwaak
tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
en ek weet ek is niks sonder jou
wat saam my drome bou, en wie my vashou
in jou oë is die rede dat ek sing in die duister
as jy lag, en ek hoor hoe al die engele fluister
wat my hart vir jou wil sê
het in die stiltes tussen woorde gaan lê
wat my hart vir jou wil sê
het in die stiltes tussen woorde gaan lê
letras aleatórias
- letra de joy - safe bet
- letra de guiding light - the white buffalo
- letra de happily ever after - shius
- letra de 69 - kenji oni
- letra de time - sbx
- letra de zodiac killer - nadia stone
- letra de spiritual gansters doing time in a body - cutemobb, leïti sene & yung beef
- letra de el doble r - enigma norteño
- letra de sliime talk 1 - yvngboi nedd
- letra de rollerskates - ryann