letra de glo my - juanita du plessis
daar’s ‘n lied in my hart wat ek vir jou wil sing
‘n goue maan wat ek vir jou wil bring
my woorde is min maar my hart is vol
gooi jou pyl jy tref my in die kol
jy wil weet hier vanaand in my gedagtes is
na wie ek verlang wie ek die meeste mis
vra die vrae ek sal ‘n antwoord gee
mag my stem dit oor die kranse skree
glo my as ek dit vir jou sê
glo my dat jou naam in my hart lê
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
glo my al sien jy dit nie
glo my al wys ek niks nie
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
ek sien weer die vraagteken in jou oë
as jy net eenkeer in my woorde glo
jy’s die een wat my gelukkig maak
niemand anders maak vir my meer saak
glo my as еk dit vir jou sê
glo my dat jou naam in my hart lê
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
glo my al sien jy dit niе
glo my al wys ek niks nie
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
daar’s ‘n lied in my hart wat ek net vir jou wil sing
‘n goue maan wat ek net vir jou wil bring
glo my as ek dit vir jou sê
glo my dat jou naam in my hart lê
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
glo my al sien jy dit nie
glo my al wys ek niks nie
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
glo my dis net vir jou wat ek wil hê
letras aleatórias
- letra de humpback whale calls (with soft music) - robbins island music group
- letra de sa biyaya mo - musikatha
- letra de lindo pais - joel alves
- letra de day by the pool - wale
- letra de teilzeitvegan - cookiebreed
- letra de lagu rindu - kania
- letra de upilam sie toba - beata
- letra de feel it (feat. mr. talkbox) - tobymac
- letra de melting - kid cudi
- letra de i got you - shaggy feat. jovi rockwell