letra de golflengte verkeerdom - glaskas
soms kom die twyfel terug en dan wonder ek wie ek is en jy het dit mos nooit van my verwag nie
en almal lyk dan so gelukkig
het jy al jouself gevind?
vermy jy net die waarheid? of is jy regtig blind?
en dis te maklik om goed te doen wat niks beteken nie
net om almal tevrede te stel
en dis te maklik vir almal on alles prys te gee
ter wille van ‘n onvervulde self
wat glimlag vir ander mense en nooit, ooit huil nie
solank jy net nie in die spieël hoef te kyk nie
ek ervaar alles verkeerdom
en al antwoord op al my vrae is “hoekom?”
en ek wes ek kon vir jou wys
hoe my werklikheid lyk
maar ek wonder of jy dit sal verstaan
en alles draai presies uit soos wat ek dit nie voorgestel het nie
ek wens ek kon myself weer vind
tussen alles wat so onnodig maar onvermydelik is
want dis te maklik om goed te doen wat niks beketen nie
net om jouself te laat geld
en dis te maklik vir almal om hartgebroke voor te kom
sodat jy ook jou storie kan vertel
maar ek ervaar alles verkeerdom
en al antwoord op al my vrae is “hoekom?”
en ek wens ek kon vir jou wys
hoe my werklikheid lyk
maar ek wonder of jy dit sal verstaan
en as daar dalk ‘n luisteraar daar buite is
wat weet wat die antwoord is
en as daar dalk iemand daar buite is wat kan onthou
wat die vraag is
bel, en sê vir my
jy het dit gekry
en as ek nie beskikbaar is nie
los ‘n raaisel na die sein
[ek ervaar alles verkeerdom
hoe hul antwoord op al my vrae is “hoekom?”
en ek wes ek kon vir jou wys
hoe my werklikheid lyk
maar ek wonder of jy dit sal verstaan
ek wonder of jy dit sal verstaan
ek wonder of jy dit sal verstaan
letras aleatórias
- letra de misunderstood raw copy (raw copy) - fsg rell
- letra de end of the rainbow - the wainwright sisters
- letra de knew me - kobii star
- letra de break up (demo) - feid
- letra de neo soul - silica gel (kor)
- letra de tinoni - tóy tóy t-rex
- letra de 不愛了 (not in love) - 戴愛玲 (ailing tai)
- letra de rona pollona - ghost of vroom
- letra de zombie hook - vertical
- letra de loom - mariposa extension number