
letra de as ek ooit - deon meiring
as ek ooit
‘n sneeuman word
maak dan seker
dat ek smelt
dat ek kan vloei
tot in die see
dat ek verdamp
tot dit weer reën
as ek ooit
‘n kaart moet wees
maak dan seker
dat ek moeilik lees
dat reisigers
deur my verdwaal
die vreugdes leer
van swerwer wees
as ek bloot
‘n mens moet wees
laat ek aanhou dwaal
en beweeg
as ek dan
‘n mens moet wees
dan is dit so
is dit so, is dit so
as ek ooit
‘n plafon moet wees
maak dan seker
ek is vol gate
sodat mense
nat kan reën
na sterre kan kyk
in die aande
as ek ooit
‘n ligtoring word
maak dan seker
ek is eensaam
dat my strale
uit kan staan
teen matrose
se donker aand
as ek bloot
‘n mens moet wees
laat ek aanhou dwaal
en beweeg
as ek dan
‘n mens moet wees
dan is dit so
is dit so, is dit so
as ek ooit
‘n sneeuman word
maak dan seker
dat ek smelt
dat ek kan vloei
tot in die see
dat ek verdamp
tot dit weer reën
letras aleatórias
- letra de goulina - abduh
- letra de september 8th. - trendan.
- letra de resist - orange (band)
- letra de stranger #2016 - шипы (spikesms2016)
- letra de se wo da ento pono mu - daddy lumba
- letra de aritmije - jala brat & buba corelli
- letra de fake - meri (jpn)
- letra de säurefass - jindo109
- letra de we are toxic - killersick
- letra de counting star - rescene