
letra de die see by paternoster - coenie de villiers
die see by paternoster is ‘n ander see meneer
hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer
wat grys en koud kombers maak ‘n visser nederig hou
ja, hierdie is ‘n see, meneer
selfs soeter as ‘n vrou
die see hier by saldanha, het ‘n hart, meneer, ek sweer
hy wis alles van verlange, ken die eensaamheid se seer;
en as die skuite iewers dobber
op die branding van die baai
gee hy kreef diep uit sy brandkluis
ja, daar’s vis hier op ons kaai
(koor)
kom lê vanaand by my, my lief
die see sal aanhou dreun
ja, lê vanaand by my, my lief
die mishoring sal kreun
en diep-diep in die nanag steeds
die morester bly roep
deurnag wieg my bootjie
in die donker langs jou sloep
in jacobsbaai se see, meneer
kan jy jou nette sprei
laat sak maar deur die deining
ja, daar’s vis in die kontrei
die hemel word ‘n koepel
waaronder ons kan werk
die see hier word ‘n katedraal
en die oseaan ons kerk
luister na die see, my kind
en luister na die wind
jou hart sal hier kom nesmaak
en die weskus aan jou bind
(koor)
letras aleatórias
- letra de safe control - abey begg
- letra de billy rock - ruurd woltring
- letra de liam - faun
- letra de new salvation - darvishi
- letra de hashir shel volman - השיר של וולמן - hapijamot - הפיג'מות
- letra de 何気ないsunday (nanigenai sunday) - triceratops
- letra de mage - chester watson
- letra de 早安咖啡 (morning coffee) - アイスクリー娘。 (ice creamusume)
- letra de ang saksi ko - khel pangilinan
- letra de pustules & crutches - skin testament